Mimi Mahlasela op Bona Tydskrif se Augustus uitgawe

images/13718543_1058542564233091_4802348583880877_n.jpg

Annelize & Annelisa op Vrouekeur Augustus uitgawe

images/VK1507COVERcrop.jpg

Vinette Ebrahim op Kuier se Julie uitgawe

images/13715996_1052519518171559_5330564950652960791_n.jpg

Diaan Lawrenson op Huisgenoot se Maart uitgawe

images/12809604_962771380479707_4410677225219291382_n.png

Hilda en Oubaas op Februarie se Kuier Tydskrif

images/12647424_945021772254668_4734193727908814650_n.jpg

 

Carla van Der Merwe in Maart se Finesse Tydskrif

images/1909182_949317238491788_2902899497298238369_o.jpg

Hildegardt Whites op die November 2015  Kuier voorblad.

images/Hildegardt.jpg

Melanie du Bois- Vrouekeur November uitgawe

images/VK1311COVERcrop.jpg

In die November-Lig vertel Jo da Silva hoe die afgelope jaar se swaarkry haar laat besef het wat haar waarde is.

images/LIGNOV.jpg

Jo da Silva gesels oor die supervrou-sindroom wat haar in die hospitaal laat beland het

deur SARIE.com-span

images/jodasilva-533x800.jpg

Op 7de Laan is kykers mal daaroor om haar te haat. Maar byna die enigste ding wat Jo en haar karakter, die sakevrou Gita McGregor, gemeen het, is hul absolute toewyding aan hul kinders. “My dogter, Caitlin (18), is my bestaansrede. Sy inspireer my elke dag en ek wil voel ek verdien haar aansien.

Ek is stomgeslaan oor die wonderlike vrou wat sy nou word. Sy gaan volgende jaar mariene biologie studeer en is ’n regte eko-vegter.”

As enkelma erken Gita die pad was nie altyd maklik nie – sy is vroeg vanjaar vir drie weke in die hospitaal opgeneem omdat sy ly aan “supervrou-sindroom”.

“Ek het net heeltemal te veel hooi op my vurk gehad. Buiten ons lang dae op stel, het ek vir elke liefdadigheidsprojek ja gesê en was voorsitter van die skoolbeheerliggaam. Ek het elke Saterdag en Sondag gewerk, en soms 12 uur lank op weeksdae. Toe kry ek bronchitis wat vir twee maande nie wou ophou nie en my in die hospitaal laat beland het.

“Die ironie is dat deur só hard te probeer om by alles uit te kom en meer vir my dogter te gee, kon ek toe glad nie daar wees vir haar eerste twee maande van matriek nie.”

Jo leer nou om nee te sê en af-tyd vir haarself toe te laat, al moet sy haarself nog soms dwing. “Ek noem dit die vliegtuig-effek: as jy nie eerste jou eie masker opsit nie, verloor jy jou bewussyn en kan jy nie jou kinders s’n opsit nie.

“Ek wens ek kon vir elke vrou daar buite sê om gawer met haarself te wees, soos sy is met ander mense. Wees daar vir jouself, en vir mekaar – dis nie ’n kompetisie nie.”

Hanli Rolfes in Vrouekeur

images/VK2108COVERcrop.jpg

Hoe sal jy jou persoonlikheid beskryf? Ha! Ek is selfondersoekend, hardwerkend en kompeterend. Ek kom definitief sterker voor as wat ek is. Ek is nie aansitterig nie, baie eerlik en ek hou nogal van myself. My werketiek is nommer een. En ek leef sover moontlik vir die oomblik.

Wat is vir jou die mooiste aanhaling? Be kind. For everyone you meet is fighting an extraordinary battle. Jy weet nie wat die vrou in Woolworths agter die till deurgaan nie. Dis iets wat (die akteur) Frank Opperman my geleer het. Ons het jare gelede vir ‘n jaar uitgegaan en hy is so wonderlik en gaaf met sy aanhangers. Nooit onbeskof nie. As mense nie vriendelik is nie, gaan aan en onthou net daardie persoon kyk 7de Laan en wil eintlik met die karakter praat. Dit gaan glad nie oor Hanli nie.

Wat is jou stokperdjies? Lees, stap en kook. Ek is mal oor kook. As ek nie ‘n aktrise was nie, sou ek graag ‘n sjef wou gewees het.

Wat is jou raad aan mense wat die Camino in Spanje wil gaan stap? Sommige mense doen eers een deel en later ‘n verdere deel. Ek sal aanbeveel dat jy nie net vir twee weke gaan nie, maar die hele ding op een slag doen. Aan die begin is dit kwaai op jou liggaam. Maar na nege dae kry jy soveel stamina en dan kom die lekker deel. Dis soos meditasie: jy moet deur die fisiese breek om by die geestelike vryheid uit te kom.

 

Simoné Nortmann op pad na Hollywood!

images/simonenortmnn.png

Soms werk dinge só goed uit dat jy dit self nie beter kon beplan het nie. Die aktrise Simoné Nortmann, wat tot onlangs nog in 7de Laan te sien was, kan hiervan getuig, want wat begin het as ’n nood-tandartsafspraak het uitgeloop op ’n nuwe avontuur in Hollywood. 

Ná Simoné ’n paar maande gelede weg is by7de Laan, het sy besluit om vir 10 weke ’n uitreik in Mosambiek te gaan doen. Sy het toeaan SARIE.com vertel dat sy perspektief op haar lewe wou kry. Tot voor haar vertrek was sy in twee geskeur oor of sy nie dalk eerder ’n toneelspeel-slypskool, die Iris Hollywood Artist Bootcamp in Santa Barbara, moet doen nie.

“In Mosambiek het ek besef ek hoef nie skuldig te voel as ek nie permanent sendingwerk en liefdadigheid doen nie. Jy kan in jou beroep ook jou roeping uitleef, en ek het net weer besef dat toneelspeel my passie is,” vertel Simoné.

In die negende week moes sy noodgedwonge vir ’n week terugkeer Suid-Afrika toe vir ’n wortelkanaal-behandeling. “In die vliegtuig op pad terug na Mosambiek vir die laaste week, sit ek toe langs Nathan Kotzur, die direkteur van die slypskool in Santa Barbara!” Hy en sy vrou, Sarah, het na Mosambiek gereis om beeldmateriaal bymekaar te maak vir ’n dokumentêre prent oor die uitreik waarby Simoné betrokke was.

“Ek kon dit nie glo nie. Ek het vir hom gesê ek het voor die uitreik oorweeg om aansoek te doen vir die slypskool en hy het my aangemoedig om dit dadelik te doen wanneer ek na Suid-Afrika terugkeer.”

En soos hulle sê, die res is geskiedenis. Simoné kry haar visum vir die VSA eerskomende Maandag en sy sal nog dieselfde aand vertrek na die Iris Hollywood Artist Bootcamp in die berge van Santa Barbara. 

“Die slypskool word aangebied deur Diane Venora, wat ’n Golden Globe-benoeming gekry het vir haar rol in Heat teenoor Al Pacino en Robert de Niro. Ek kan nie wag om by haar te leer nie, sy is briljant,” vertel Simoné opgewonde.

“Die slypskool is ’n maand lank, maar ek sal heel moontlik later weer terugkeer. Ek en Nathan het in Mosambiek baie gesels oor toekomsmoontlikhede.”

 Geluk Simoné, geniet elke oomblik!

 

Masego Sehoole in Get It Magazine

images/Masego.jpg

Marvellously mesmerising

Professional dancer and popular soapie actress Masego Sehoole from 7de Laan has managed to stay true to her roots in spite of fame and fortune. She pays tribute to her fondly remembered childhood, where many of her dreams were first born…

For many, she’s the feisty Pulane from the popular soapie 7de Laan. In real-life, actress Masego Sehoole is a born entertainer with a warm, compassionate soul.

When you listen to her story, you’ll quickly pick up on the fact that her genuine nature and kind-hearted outlook on life is something she acquired from her humble upbringing in Hammanskraal.

After all, this is where it all began for the petite performer – dancing at aunty Belinda’s house on the corner as a 9-year-old. “I was part of a dancing troupe. Ausi Belinda would play music and we’d dance in her backyard and put together drama shows,” she fondly remembers.

The troupe became well known in the community and later performed at rallies and weddings doing Mango Groove and Sarafina dances. “We spent all of our weekends at that corner house until we were old enough to go to varsity. It was a beautiful time growing up, I felt protected all those years – especially from all the social ills around. It really saw us through.”

It was also during this time that Masego realised what direction she wanted to take with her life, although it was considered a bit of a risk.

“For me it’s always been about entertainment! However, we grew up in a setting where the idea of going into this industry wasn’t really welcomed. With the background I come from, it was more acceptable to pursue a mainstream career in medicine or law. But I’ve always thought of myself as a dancer and entertainer, and knew I flourished best in this arena.

"I wanted to prove to myself that I could do it… and if it didn’t work out at least I would know I tried.”

It’s also been a season of intense pressure. “When I first joined 7de Laan, straight from varsity, the pressure was huge, because I’ve always had the dream of pursuing acting, singing and dancing, and all of a sudden there it was… I had to learn quickly how to cope with the pressure, including being scrutinised by the public.”
She describes this experience as one which continues to shape her. “Professionally, it’s been a season of being honed and chiselled.”It’s a good thing Masego followed her heart, because for the past three years she’s been welcomed into thousands of South African living rooms nearly every night as Pulane in the well-loved soapie 7de Laan.

Although some celebs are known for grumbling about the crazy-fan side of fame and fortune,Masego takes it humbly in her stride.

“Sure, it gets overwhelming. I’ve had a woman run up to me out of the blue and give me a massive kiss! But I’ve learned to understand that you are in other people’s space, they let you into their homes and you become a part of their lives. So you need to be very sensitive to that. I try to put myself in their shoes, and imagine how I would feel if I bumped into an actress from one of my favourite shows.”

This role reversal makes her appreciate fan encounters more, and see the value of the influence she has on their lives, no matter what day she’s having. “This way it becomes much less about yourself, and more about how you make someone else feel. I firmly believe that when we move the focus away from ourselves and appreciate the impact we have on others, our lives become better.”

These words aren’t spoken lightly by Masego, it’s a philosophy she truly lives by; something that was instilled in her as a youngster when she experienced it first-hand dancing with the other kids to Belinda’s music.

Today Masego, who has competed professionally at the prestigious Latin American Dance Championships for years, runs outreach programmes as part of the dance fitness training company she started a while back.

These programmes provide children from humble backgrounds with the opportunity to enhance their dancing skills and fitness levels. She hopes to create awareness about fitness issues and demonstrate what a great activity dancing is for recreational purposes.

“Many times the kids do a lot of crazy things simply because they are bored, and I’d like to show them that there are other, more constructive ways to keep busy and entertained. I mean, dancing is so therapeutic. Moving to music is so much more fun than running on a treadmill for an hour – I’d rather dance for three hours,” she laughs.

For the actress, the outreach programme is her opportunity to give back, encourage and uplift those around her, just like performing with the rest of the troupe under Belinda’s watchful eye encouraged her all those years ago.

“I believe that everyone has something great to offer, we just don’t encourage one another enough. We hold so much back instead. Just imagine if we encouraged one another, instead of stepping on each other to get to the top.

"We shouldn’t be afraid to acknowledge and appreciate those around us, there is more than enough space for everyone’s strengths!”

Masego on spring, loving her roots and spreading joy

What I appreciate most about my culture is… the Tswana language. It’s so beautiful, I’m very passionate about it.

My ideal Heritage Day would be… visiting a cultural site with my family. I would love to watch some cultural dances, braai some meat and hang out with old people and listen to their tales. You know, get a trace of where I’m from.

Behind the scenes I am… crazy, or so they say (giggles). I love people and am passionate about encouraging and motivating others. My faith in God encourages me, so I try to extend that to everyone I come in contact with and leave a bit of joy and happiness wherever I go. There is so much to be grateful for!

 

Spring is a… a reminder that life is seasonal and with every dip there is a light at the end of the hardship. It’s such a great reminder to look forward to a better season… Yes there will always be winter, but in the same breath there will always be spring. There is always hope ahead.

 

 

 

 

 

 
BLY IN KONTAK - SOSIALE MEDIA

 

Kom neem deel in ons sosiale media en bly in kontak soos dinge gebeur by 7de laan… 

 

VOLG ONS OP LIKE ONS OP 

 Instagram

 

 Facebook

 

 SIEN ONS OP  VOLG ONS OP
 Youtube  Twitter