images/Men.jpg

Matrone Netta Nortje  - Annelize van der Ryst

images/_TOI1561.jpg

Matrone is ‘n gedrewe, dog konserwatiewe vrou wat ‘n kampvegter is vir (veral) die regte van haar mensies in Hillside se ouetehuis. Sy is ‘n bobaas kok en is besonder goed met heerlike boerekos. Sy poog gedurig om hubare wewenaars of selfs Oubaas van Zyl se guns te wen met haar vernuftige kookkuns. Maar haar groot kompetisie (en gevolglik haar aartsvyand) is Oubaas se vrou, Hilda. Die twee se paaie kruis gedurig voor die kospotte of in die paadjie na die kansel. Matrone sal enigiets doen om reg en geregtigheid te laat geskied – selfs ou vriende stoomroller!

Oor die Aktrise

Wanneer is jy gebore?

Lank gelede.

By watter skool het jy jou Matriek geskryf?

Jim Fouché Sekondre skool, 1965, Bloemfontein.

Wat was jou gunstelinge vak?

Engels.

Wat is jou gunstelling herinnering van jou skool dae?

Ons het a paar goeie onderwysers gehad wie ek nog steeds onthou.

Waar het jy drama gestudeer?

Universiteit van Stellenbosch.

Wat was jou eerste betrekking?

Skole en biblioteek programme op toer deur die Vrystaat vir die Streeksraad vir Uitvoerende Kuunste. Dit her R50 per week betaal.

Hoe lank is jy op 7de Laan?

Sedert 2002

Hoe was jou eerste dag op die stel?

Ek kan nie onthou nie, behalwe ou bekendes raakgeloop op stel.

Wat hou jy die meeste om deel van die 7de Laan span te wees?

My ouer kollega se sin vir humor. Hulle kicker my altyd op.

Wat hou jy nie om van deel van die 7de Laan span te wees?

Partytjies

Wat is jou gedenkwaardig ervaaring met die 7de Laan aanhangers?

Wanneer kykers nie kon ophou vir my vra: “Hoekom is jy so lelik met Hildatjie?”

Wat sou jou graag wou hê jou karakter moet doen of bereik?

Dis in die skrywers se hande.

Watter lawwe ding wil jy graag hê jou karakter moet doen?

Ek weet nie.

Terug na Karakters >>

 

 

 

 

 
BLY IN KONTAK - SOSIALE MEDIA

 

Kom neem deel in ons sosiale media en bly in kontak soos dinge gebeur by 7de laan… 

 

VOLG ONS OP LIKE ONS OP 

 Instagram

 

 Facebook

 

 SIEN ONS OP  VOLG ONS OP
 Youtube  Twitter