images/Men.jpg

Gas akteur: Louis Spies - Lesley van Wyk

 images/_TOI0278.jpg

Oor die Akteur

Vertel meer van jouself. Hoe oud is jy?

Ek is 23 jaar oud

Hoe lank speel jy al toneel? Waar het jou liefde vir toneelspel begin? 

Van kleins af. My suster wou altyd konsert hou en kleinboet moes maar elke keer saam speel. 

Het jy drama studeer (indien ja, waar en wanneer)?

Ja. Universiteit van Pretoria. 2011-2013

Wat is al die professionele rolle wat jy al vertolk het? 

In my eerste jaar na universiteit het ek die rol van Psycho Bob in die film Suurlemoen vertolk. 

Hoe is dit om teenoor Markus te werk? 

Interessant... Never a dull moment. 

Jy is die “soet” broer. Is jy in die regte lewe ook “soet”? 

Nie noodwendig nie. Maar waar ek en Louis wel dieselfde is, is 'n sterk dryf om my drome te laat realiseer en ek is altyd vol planne.

Kuier julle soms van die stel af? 

Ja ons kom baie goed oor die weg. Ek weet waar Markus sy bier wegsteek. 

Wat weet mense nie van Markus af nie? 

Hy is 'n uitstekende Backgammon speler. 

Vertel ’n snaakse/vreemde/interessante insident wat op stel gebeur het.In een toneel was Louis baie kwaad vir Willem. Ek het op hom geskree dat die spoeg spat. Die spoeg tref toe vir Markus in die oog. Ons het probeer aangaan asof niks gebeur het nie, maar ons kon net nie ons lag keer nie. 

Is daar iemand romanties in jou lewe? 

Ja. Ek het haar op universiteit ontmoet. 

Hoe lank gaan julle al uit? 

Van eerste jaar af.

Watter stokperdjies het jy? Wat doen jy om te ontspan?

 

My ander liefde is om agter die skerms te werk, onder andere fotografie, kamerawerk en redigering. Verder speel ek 'n klomp instrumente, insluitende die guitar. Ek skryf en sing graag my eie songs. 

Terug na Karakters >>

 

 

 

 

 
BLY IN KONTAK - SOSIALE MEDIA

 

Kom neem deel in ons sosiale media en bly in kontak soos dinge gebeur by 7de laan… 

 

VOLG ONS OP LIKE ONS OP 

 Instagram

 

 Facebook

 

 SIEN ONS OP  VOLG ONS OP
 Youtube  Twitter