Anna van Biljon - Hanli Rolfes
Vurige Anna van Biljon is 'n selfversekerde middeljarige vrou wat leef vir haar loopbaan. Sy is passievol oor haar werk en uiters toegewyd. Wanneer sy navorsing doen oor ‘n spesifieke onderwerp, laat sy niks in haar pad staan om by die ware storie (die storie agter die storie) uit te kom nie. Anna is ‘n tipiese tomboy wat nog altyd verkies het om eerder buite te speel as om teepartytjies te hou en pop te speel. Marko bring die sagter kant in Anna se vurige persoonlikheid uit. Sy maak maklik vriende en het veral goeie vriendskappe gebou met haar kolegas Aggie, Bernard en Paula.