images/Men.jpg

Diederik Greyling - Hennie Jacobs

images/_TOI9119.jpg

Diederik kom van Prieska af en Hillside is sy eerste ervaring van stadslewe.Hy het begin as kelner by Oppiekoffie maar werk nou by Bruynwaves. Diederik is vriendelik en dis maklik om van hom te hou. Hy is altyd gereed vir 'n lekker tyd en leef sy lewe voluit. Hy is egter 'n bietjie naïef en vertrou mense maklik en dit kry om meer gereeld as nie in die moeilikheid. Diederik en Kim was vir lank in 'n verhouding maar het opgebreek nadat Kim hom verneuk het met Herman se stiefseun, Willem. Sy hart was gebreek en hy het besluit om vir eers weg te bly van alle vrouens af.

OOR DIE AKTEUR

Wanneer is jy gebore?

20 Junie in Pretoria

By watter skool het jy Matriek geskryf?

Hoërskool Waterkloof, 1999

Wat was jou gunsteling vak?

Engels

Wat is jou lekkerste herinnering van jou skooldae?

Die Koor

Waar het jy drama studeer?

Technichon Pretoria ( TUT)

Wat was jou heel eerste werk?

PoppeTeater. Ek het R120 ge kry en toe gaan ek uiteet en duur wyn gedrink...

Hoe lank is jy al by 7de Laan?

7 jaar

Hoe was jou eerste dag op stel?

Nerve-wracking

Wat is vir jou die lekkerste van deel wees van die 7de Laan-span?

Om elke dag te kan doen waarvoor ek lief is, 'n salaris daarvoor te verdien en elke dag iets nuuts te leer.

Waarvan hou jy die minste as ‘n lid van die 7de Laan span?

Die Winter... Ons het baie vroë dae en die stel is ook baie koud met lugversorging. Ons klere is ook nie baie warm nie omdat ons nie seisoene wys op 7de Laan nie.

Wat is jou onvergeetlikste ervaring met 7de Laan-aanhangers?

'n Hou teen die kop met 'n handsak..

Wat sou jou graag wou hê jou karakter moet doen of bereik?

'n girl kry wat nie sy hart breek nie...

Watter lawwe ding wil jy graag hê jou karakter moet doen?

Daarvan het hy al baie gedoen... Dalk kan hy 'n werk kry as 'n night-nurse...

 

Terug na Karakters >>

 

 

 

 

 
BLY IN KONTAK - SOSIALE MEDIA

 

Kom neem deel in ons sosiale media en bly in kontak soos dinge gebeur by 7de laan… 

 

VOLG ONS OP LIKE ONS OP 

 Instagram

 

 Facebook

 

 SIEN ONS OP  VOLG ONS OP
 Youtube  Twitter