images/Men.jpg

Gita McGregor - Jo da Silva

images/_TOI0410.jpg

Gita is elegant en gesofistikeerd. Sy is selfversekerd in die positiewe sin van die woord. Sy is ten alle tye sjarmant en innemend en sy weet hoe om ‘n gehoor te manipuleer. Met haar charisma en en humor draai sy mense om haar pinkie nes dit haar pas, want sy’s ‘n baie ambisieuse, gedrewe vrou wat nie skroom om oor mense te loop indien nodig nie. Sy’s dus onverskrokke en genadeloos as enigiemand haar opponeer/ in haar pad staan. Sy wys egter nooit haar ware kleure nie. Sy gebruik die feit dat sy sag op die oog is tot haar voordeel om die manne se weerstand te laat verkrummel. Sy’s ‘n ystervrou met geen genade vir haar slagoffers nie.

 

Oor die Aktrise

Wanneer en waar is jy gebore?

In a land vêr, vêr weg in ‘n verafgeleë sterrestelsel wat deur Unicorns regeer word.

Wanneer het jy matrikuleer?

Kom ek maak dit maklik vir jou – Ek is 42! Spaar jou die wiskunde!

Wat was jou gunsteling vak?

The periode wat POUSE genoem word.

Wat is jou beste herinnering van skool?

Skool konserte

Waar het jy drama studeer?

Wits

Wat was jou eerste werk ooit?

Ek het deel geword van PACT (The Performing Arts Council of the Transvaal) en het R300 ‘n week verdien.Ek het geen idee wat ek met daardie geld gedoen het nie.

Hoe lank speel jy al op 7de Laan?

Lank genoeg vir mense om te dink ek is deel van die meubels.

Hoe was jou eerste dag op stel?

Baie stresvol.

Wat is vir jou die lekkerste van deel wees van die 7de Laan-span?

Die mense – om deel te wees van storievertellers wat die publiek op hulle tone hou. en natuurlik ons aanhangers

Wat hou jy nie om van deel van die 7de Laan span te wees?

Mense wat dink ek is regtig soos Gita.

Wat is jou onvergeetlikste ervaring met 7de Laan-aanhangers?

Die dag wat ek ‘n braaf en pragtige jong meisie deur Reach for a Dream ontmoet het. Ek dink daagliks aan haar en is geinspereer deur haar dapperheid. Sy kon verby my karakter kyk en die regte “ek” sien, iets wat meeste grootmense nie reg kry nie.

Wat sou jou graag wou hê jou karakter moet doen of bereik?

Sy is tot enige iets in staat en dit is wat lekker is om haar rol te vertolk. Sy het geen perke. As sy wil kan sy ‘n sjokolade fabriek koop of ‘n kardashian as ‘n troeteldier aanhou.

 

Watter lawwe ding wil jy graag hé jou karakter moet doen?

Ek dink sy moet verlief raak en trou in ‘n lug ballon.Sy moet dan dodelik siek word wat veroorsaak dat sy aan geheu verlies lei... Sy steier haar pad deur 'n vreemde landskap , moontlik bevolk deur unicorns , en eindig die dag  af met die tango met 'n vreemdeling!

Terug na Karakters >>

 

 

 

 

 
BLY IN KONTAK - SOSIALE MEDIA

 

Kom neem deel in ons sosiale media en bly in kontak soos dinge gebeur by 7de laan… 

 

VOLG ONS OP LIKE ONS OP 

 Instagram

 

 Facebook

 

 SIEN ONS OP  VOLG ONS OP
 Youtube  Twitter